TUNA MET KAAS EN UIE SKYFIES
- 2 blikkies (200 g elk) tuna in water, dreineer water af
- 1 blik sampioensop
- 1 x 125/150 g kaas en uie skyfies, fyn gedruk, nie te fyn nie
- 2 eiers, geklits
- gerasperde kaas en paprika, vir bo-oor
Meng alles saam. Plaas in mikrogolfoond vir 12 min op med-high. Roer deur. Gooi kaas en paprika bo-oor. Mikrogolf weer vir 8 min op medium.
Ek het die keer myne in die oond gebak by 180°C vir so 15 tot 20 min. Ek het net droë Parmasaan kaas bo-oor die gerasperde kaas gegooi en nie paprika nie. Dis net vir die bietjie kleur op die kaas. (jy kan paprika ook oorgooi as jy dit in die oond bak) (Vir 4 mense – dis nie so baie. Ek deel die bak in 4 kwarte )
Nota:
Resep kom net bietjie droër uit as dit in die oond gebak word. Ek sal volgende keer miskien 2 blikkies sop ingooi, Of 1½. Jy kan dit somertyd koud eet saam met ‘n lekker mengelslaai. Hoe langer dit staan hoe meer stol dit. Ek wil volgende keer miskien bietjie ertjies by roer.
Resep en foto: Marlene Mouton Carstens