Your Recipe Blog

BEETKOEK MET APPEL EN BOSBESSIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 min.

BEETKOEK MET APPEL EN BOSBESSIES

Hierdie beet koek is baie baie lekker, baie dieselfde tekstuur as ‘n wortelkoek, maar heerlik klam, julle kan hom maar bak..Yummies!!!

  • 625 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 7.5 ml koeksoda
  • 15 ml gemengde speserye
  • 5 ml sout
  • 375 ml ligte bruinsuiker
  • 300 ml olie
  • 4 eiers
  • gerasperde skil van een lemoen
  • 5 ml vanilla
  • 250 ml Granny Smith appel, gerasper
  • 500 ml rou beet, gerasper
  • 100 g pekanneute of okkerneute, gekap
  • 60 ml bosbessies

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n losboomkoekpan en voer die bodem met gesmeerde bakpapier uit.
Sif die koekmeel, bakpoeier, koeksoda, speserye en sout saam.
Klits die suiker, olie, eiers, lemoenskil en vanilla saam totdat dit deeglik gemeng is.
Voeg die res van die bestanddele by en vou laastens die droë bestanddele met ‘n groot metaallepel in.
Giet die mengsel in die voorbereide koekpan en bak vir sowat 45 min of totdat die toetspen skoon uitkom.
Laat die koek afkoel en keer dit uit.
Versier met roomkaasversiersel of sit bloot versiersuiker bo-oor.

ROOMKAASVERSIERSEL:
Maak ‘n basiese botterversiersel met botter en versiersuiker en voeg dan 250 g roomkaas daarby vir ‘n meer loperige versiersel.
Vou in tot glad. Skep oor die koek dat dit mooi teen die kante ook afloop.

Kan ook hierdie resep met sukses gebruik:
https://yourrecipeblog.com/recipes/botterversiersel-met-roomkaas/

Foto:  Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5