BOTTERVERSIERSEL MET ROOMKAAS
- 250 g botter (wooden spoon vir wit) ander maak dit geel
- 2 teelepels vanilla geursel
- 600 g versiersuiker
- 2 eetlepels Dubble Cream, het Mascarpone gebruik
- 200 g roomkaas
Klits die botter baie baie goed, dit moet amper lyk soos room, voeg nou die versiersuiker bietjie, bietjie by en hou aan met klits.
Sit die vanilla en double cream by en meng goed.
Neem ‘n metaal lepel en vou die roomkaas in tot net goed gemeng. Moenie oormeng nie.
Versier die koek soos verkies.
Foto: Jolene Smit