BEESSTERT MET RAS-EL-HANOUT
Beesstert is alombekend in Suid-Afrikaanse huise en veral geliefd wanneer ons potjie maak. Probeer gerus die resep vir jou volgende potjie – voeg net klein aartappels en uie by!
- 1 kg beesstert
- 45 ml olyfolie
- 15 ml ras-el-hanout speserymengsel (https://yourrecipeblog.com/recipes/ras-el-hanout/)
- 2 groot uie, in skywe gesny (jy kan dit vervang met 500 g klein uitjies indien verkies)
- 100 g songedroogde tamaties
- 60 ml rosyne
- 1 lourierblaar
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 1 liter kookwarm aftreksel (ek het groente aftreksel gebruik, maar jy kan bees ook gebruik)
- 45 ml appelkooskonfyt
- 60 ml balsamiese asyn
- 10 ml wit uiesoppoeier
- 10 ml bruin uiesoppoeier
- sout na smaak
Verhit die olie in ‘n swaarboom kastrol oor medium hitte.
Verbruin die beesstert aan alle kante, skep uit en hou eenkant.
Voeg die Ras-el-Hanout by die olie en dan die uie, braai tot dit effe deursigtig is.
Plaas die beesstert en songedroogde tamaties in die kastrol en voeg die rosyne by.
Meng goed deur en voeg die knoffel en die lourierblaar by.
Hou 100 ml van die aftreksel eenkant en laat afkoel.
Meng die appelkooskonfyt en balsamiese asyn by die oorblywende warm aftreksel en giet oor die bestanddele in die kastrol.
Bede ken laat prut vir 2 – 3 ure terwyl jy telkens roer om te verhoed dat dit aanbrand.
Meng die soppoeiers by die afgekoelde aftreksel en roer by die beesstert in.
Laat prut vir ‘n verdere 30 minute na 1 uur (toets die sagtheid van die vleis met ‘n vurk).
Pas sout aan na smaak.
Nota:
Indien die sous baie loperig is na die soppoeier bygevoeg is, kan jy 10 ml mielieblom met 15 ml water aanpaak tot ‘n gladde pasta en by die bredie voeg om die sous te verdik.
Bedien met geelrys, kapokaartappelsl, stampmielies, of koeskoes.
Rese pen foto: Karen Homan












