Your Recipe Blog

AMANDA SE PIZZA EN BROOD DEEG

AMANDA SE PIZZA EN BROOD DEEG

Na aanleiding van tuisgemaakte pizzas wil ek die volgende deel. By ons is dit tradisie om op n Saterdagaand pizza te maak. Ek knie self en maak my basis dun.
Aangesien ons nou die meeste van die tyd net 2 is knie ek vier koppies meel en bak sommer ‘n broodjie ook vir Sondag oggend ontbyt.

  • 4 – 6 koppies koekmeel
  • 1 pakkie kitsgis
  • 1 teelepel sout
  • 3 teelepels suiker
  • 2 eetlepels olyfolie
  • genoeg lou water vir hanteerbare deeg

Plaas al die bestanddele in jou menger en knie die deeg met die deeghak.
Laat rys tot dubbel volume. Knie af. Maak balletjies vir pizza basis, rol dun uit.
Ek “pre bake” elke een vir 5 min. Laat dit heeltemal afkoel.
Gebruik tamatiesous as basis, dan die kaas en pak dan op die pizza waarvan julle hou.
Bak pizza’s vir 8 min en geniet.
Vorm die res van die deeg in ‘n broodjie, plaas in broodpan, laat rys tot vol en bak teen 180 ºC  vir ongeveer 45 min of tot gaar, in die konveksie oondjie, teen 160ºC vir 30 min ongeveer.

Foto en resep: Amanda Theunissen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page