7 MINUTE MIKROGOLF PIZZA
Met die lockdown probeer mens snaakse dinge… hier is ‘n vinnige en maklike oplossing as jy nie lus het om ure te spandeer nie en boonop net vir een moet kosmaak.
- Deeg:
- 1 eier
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel suiker
- 2 eetlepels olie
- ½ koppie melk
- 1 koppie koekmeel
- ½ teelepel bakpoeier
- Bo-laag:
- 4 eetlepels tamatie en uie smoor
- kruie en speserye na smaak
- bolaag variasies van jou eie keuse
- gerasperde kaas
Meng al die deeg bestanddele baie goed saam behalwe die bakpoeier, roer bakpoeier deur as mengsel klaar goed gemeng is.
Spuit mikrogolf glasbord met kleefwerende sproei.
Versprei die deeg (dit is loperig) op die hele bord.
Plaas vir 4 minute in die mikrogolf, of totdat die deeg deur gaar is.
Smeer nou tamatie smoor oor die hele basis, sprinkel met kruie en speserye.
Voeg nou bolaag van jou keuse by, die bestanddele moet reeds gaar wees, afgerond met kaas.
Plaas terug in die mikrogolf vir 3 minute of tot kaas goed gesmelt is.
Bedien dadelik.
Nota:
Ek sal volgende keer die oorblywende pizza op ‘n draad rakkie plaas om af te koel om te verhoed dat dit weer vog opbou wat die kors pap maak.
My bolaag was spek, avokado en feta.
Resep en foto: Claudette Bester