Your Recipe Blog

GIDEON SE GEBAKTE BONZAI VISSTUKKIES

GIDEON SE GEBAKTE BONZAI VISSTUKKIES

“Ek het vanaand weer die rooi pannetjie ingespan en hierdie bonzai stukkies vis gebak vir ‘n ‘oudurfie’…
hmmmmm…djeeeerlik.” Aldus Gideon.

  • 1 groot harder (springer)
  • sout
  • meel, vir bedekking
  • Beslag:
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 koppie koekmeel
  • 75 ml melk
  • 1 eier, geklits
  • knippie sout
  • 1 teelepel bakpoeier

Maak harder skoon (skubbe afgekrap en ontgraat). Sny dit in klein blokkies en voeg sout na smaak by.

Beslag:
Smelt botter en suiker effens in mikrogolfoond. Voeg om die beurt koekmeel, melk en eier en sout by en meng goed met ballonklitser. Voeg bakpoeier by. Meng goed tot gladde tekstuur.
Rol stukkies vis in meel en doop in beslag.
Bak in dieperige warm olie vir omtrent twee minute  aan ‘n kant.
Geniet saam met tamatiesous.

Resep en fotos: Gideon Louw

2 Reviews

  1. vasti

    ?kan mens harder in ‘n kerrie vis in maak

    Star
    • Vasti, mens kan as jy regtig moet maar hulle het vreeslik baie grate en fyn graatjies. Van hulle sal sommer baie sag word en amper verdwyn, maar oor die algemeen is dit maak ‘n lekker witvis met min grate wat die beste werk. Geelbek of stokvis.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page