Your Recipe Blog

PASTA HOENDERGEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 Minutes

PASTA HOENDERGEREG

Ek het vanaand hierdie hoendergereg vir aandete gemaak.
Pasta hoendergereg met suurroom en grasuie potatobake, “spring onions” en kaas skyfies.

  • 1,5 kg hoender filette
  • 2 uie, grof gekap
  • 500 g pasta, eie keuse
  • 2 koppie mayonnaise
  • 1 pakkie hoenderaftreksel (gekonsentreerde vloeistof)
  • 1 pakkie suurroom en grasuie “potatobake”
  • 2 koppies gerasperde cheddarkaas
  • 1 x 400g sampioenroomsop
  • 1 pak (200g) “spring onions” en kaas skyfies”, fyngemaak

Kook hoender tot gaar saam met uie en hoenderaftreksel.
Skep hoender en uie uit, laat afkoel,  maak hoender fyn.
Kook die pasta in die hoenderaftreksel tot sag, meng dit liggies by die hoender.
Meng die “potatobake”, sampioensop en een koppie gerasperde kaas by die hoendermengsel in.
Meng een koppie kaas en fyngemaakte chips saam.
Skep hoendermengsel in ‘n oondbak en strooi die kaas en chipsmengsel bo-oor.
Bak vir 30 min in ‘n vooraf verhitte oond op 180°C tot goudbruin.

Resep en foto: Elna Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page