Your Recipe Blog

JOHAN SE TAMATIESOUS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 5 en 3/4  x 700 ml bottels

JOHAN SE TAMATIESOUS

Resep en fotos: Johan Coetzee

  • 4 kg tamaties
  • 1 kg uie
  • 1 teelepel peper
  • 1 teelepel mosterdpoeier
  • 1 teelepel fyn neutmuskaat
  • 1 teelepel fyn naeltjies
  • 1 teelepel all spice
  • 3 koppies suiker
  • 1 eetlepel sout
  • 750 ml asyn
  • 2 ml metta
  • 700 ml All Gold tamatiesous
  • Giet kookwater oor, trek skille af sny deur en druk pitte uit.
  • Sny tamaties en uie stukkend,  druk pitte deur ‘n sif en kook tamaties en uie in die sous tot sag.
  • Maak fyn met ‘n voedselverwerker. Vryf deur sif en skep terug in die pot
  • Voeg ander bestanddele by maar nie die tamatiesous nie en kook tot verlangde dikte.
  • Voeg die All Gold tamatiesous by en laat kook vir 1 min en bottel warm. Seël dadelik.
  • Nota:
  • Metta laat dit sy kleur behou en is by alle apteke beskikbaar, maar as jy nie vertroud is daarmee nie moet dit liewer nie gebruik nie so haal dit uit.  Die All Gold sal ook metta in hê wat sal help.  Bêre net op koel donker plek.
    Metta word by wyn gegooi dat dit sy kleur kan behou. Kry sommer by die wynmaker of nog makliker sê jou apteker wat jy soek, maar jy moet bitter min gebruik – ek vat so mespuntjie op 5 kg vrugte.
  • Vir growwe tamatiesous het ek  die tamaties en uie met die vleismeul grof gemaal en toe gekook volgens die resep.
  • Nota: Ek het dit nie fyn geslaan en deur ‘n sif gevryf nie.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page