Your Recipe Blog

SJOKOLADE ECLAIRS (POFFERS)

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute + 10 minute | Servings: 16 eclairs

SJOKOLADE ECLAIRS (POFFERS)

Resep:  Carin Ras Wilson
Foto: Cheryl Ann Maggott Ross
2de foto:  Suenell Liebenberg

  • Basiese deeg: 
  • 1 koppie kookwater
  • ½ koppie botter
  • ¼ teelepel sout
  • 1 koppie gesifte koekmeel
  • 4 eiers
  • Verhit oond tot 190°C.  Giet die water  in ‘n kastrol, voeg die botter en sout by en verhit totdat dit net-net kook.
  • Voeg die koekmeel by (alles gelyk).
  • Klop die mengsel dan oor lae hitte totdat dit los kan van die rande van die kastrol en ‘n bol vorm.
  • Haal die kastrol van die stoof af en klop die deeg nog 2 minute.
  • Voeg nou die ongeklitste eiers een vir een by en klop baie deeglik na elke byvoeging.
  • Skep opgehoopte eetlepels vol van die deeg op ‘n ongesmeerde bakplaat (omtrent 6 duim uitmekaar).
  • Vorm elke bol degie langwerpig of spuit deeg deur ‘n groot versierbuis.
  • Bak die eclairs omtrent 45 minute by 190°C.
  • Haal uit oond, sny dadelik ‘n klein spleetjie in elke eclair sodat warm lug kan ontsnap
  • Plaas die pan terug en bak nog vir 10 min.  Haal uit.
  • Sny die eclairs in die helftes (nie heeltemal nie, maar sodat die boonste helfte ‘n deksel vorm) en vul met slagroom of sjokolademengsel.
  • Nota:
  • Ons het sjokoladepoeding gebruik wat van ‘n pakkie poedingpoeier aangemaak is. Versier die eclairs dan met sjokoladeversiersel.
  • Sjokoladeversiersel:
  • 2 blokke onversoete sjokolade (58 g)
  • 2 eetlepels botter
  • 4 eetlepels warm water
  • 1 ½ koppie gesifte versiersuiker
  • Smelt die onversoete sjokolade (58 g)  en botter in die warm water in die bo-deel van ‘n dubbele kastrol oor warm water.  Haal van die stoof af en roer die gesifte versiersuiker daarby.
  • Skep oor eclairs en laat styf word.

Nog ‘n idee vir vulsel en versiersel: Elaine Steyn
Het al die resep in 2020 gestoor en hom vandag weer gemaak. Baie lekker! Het 12 groot poffertjies uitgekry. Sommer varsroom styf geklop en toe bietjie versiersuiker bygevoeg om te versoet as vulsel. Vir bo-laag het ek versiersuiker en kakao gemeng, paar druppels vanilla en klein bietjie melk.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page