Your Recipe Blog

SKON MUFFINS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 min. | Servings: 12 medium grootte muffins

SKON MUFFINS

  • 2 koppies koekmeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 2 teelepels suiker
  • ¼ koppie kookolie
  • 1 eier, geklits
  • 1 koppie melk
  • ½ koppie water

Sif die meel, bakpoeier en sout saam, voeg die suiker by en meng goed.
Meng die kookolie, eier, melk en water en voeg by die droë bestanddele.
Roer tot daar geen klonte is nie en skep lepels vol in die gesmeerde muffinpan.
Maak die bakkies ongeveer ¾ vol.
Bak vir 15 tot 20 minute teen 180°C. Laat effens in pan afkoel voor jy dit uithaal en bedien.
Die resep is genoeg vir 12 medium grootte muffins.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page