KRAGBALLE – ENERGY BALLS
Resep en foto: Maranda Van Dam
Met seuns wat nie ophou eët nie probeer ek altyd nuwe gesonder snacks maak- hierdie resep is aanpassing op artikel wat ek gelees het oor energy bars.
- 2 koppies hawermout (Oats)
- 2 koppies “smooth” grondboontjiebotter
- 6 blokkies Wheatbix
- 4 eetlepels heuning
- ½ koppie kakao of klapper
- Pols eers oats en Weatbix tot lekker fyn- voeg res van bestanddele by, meng goed en rol in balle.
- Verpak in lugdigte houer.
- Wenk: Marietjie Muller
- Een helfte het ek sommer in ‘n pan vasgedruk. Sal môre blokkies sny. Ek het die resep dubbel gemaak, ek het 6 wheatbix en 4 koppies klapper gevat ipv 12 wheatbix.
Category:












