Your Recipe Blog

CECIL SE GEBRAAIDE SKAAPRIBBETJIE

CECIL SE GEBRAAIDE SKAAPRIBBETJIE

  • 2 kg skaaprib
  • suurlemoen
  • sout
  • rooiwyn
  • 1 knoffelhuisie, uitgedruk

Sny suurlemoen in sirkels en pak bo op die rib saam met die knoffel.
Sprinkel liggie met sout, onthou die sous het ook sout in.
Plaas die rib in ‘n oondpan en voeg die rooiwyn by.
Bak in die oond teen 150°C vir 30 min.
Maak die volgende sous en gebruik om die rib mee te braai.

  • Basting sous:
  • 50 ml sweet chilli sous
  • 1 eetlepel perskekonfyt of na smaak
  • 100 ml suurlemoensap
  • 150 ml Soyasous
  • 20 ml Worcestersous
  • 1 knoffelhuisie, gerasper
  • 130 ml stroop
  • sout en peper

Meng al die sous bestanddele saam en hou eenkant tot gereeld om te braai.
Nadat die rib in die oond gebak het, haal die rib uit en hou eenkant tot gereeld vir braai.
Braai die rib op die kole en smeer baie gereeld die sous oor tot die ribbetjie heeltamal gaar en sag is.
Sny op en bedien.

Resep en foto: Cecil Dunhin

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page