Your Recipe Blog

CHINESE KLUITJIES MET DOOPSOUS

CHINESE KLUITJIES MET DOOPSOUS

  • 140 g koekmeel
  • 125 ml kookwater
  • 15 ml olyfolie
  • 10 ml sout

Meng al die bestanddele saam en knie tot ‘n sag en elasties deeg. Voeg nog water by indien die deeg te styf is.
Skep die deeg in ‘n gesmeerde bak en plaas ‘n klam doek oor en laat rus vir 20 minute.
Terwyl die deeg rus maak solank die vulsel as volg: 

  • 400 g maalvleis
  • 15 ml vars gekapte gemmer
  • 100 ml vars gekapte spinasie
  • 10 ml rys asyn
  • 10 ml gedroogte rissievlokkies
  • 1 knoffel huisie, gekap
  • 30 ml soya sous
  • 2 sprietuie, gekap
  • 5 ml suiker
  • sout en pepper, na smaak

Meng al die bestanddele goed saam.
Rol die deeg uit – 5 mm dikte.
Neem ‘n ronde koekie drukker en druk sirkels uit die deeg.
Skep van die vulsel op die deegsirkel en vou dubbeld so dat dit lyk soos ‘n halfmaan.
Verseël die deeg deur middel van knyp en vou metode (met jou duim en wysvinger knyp die deeg saam en vou oom). Hou die gevulde kluitjies onder ‘n klam doek.
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan en plaas die kluitjies gevoude kant na bo in die olie en braai tot hulle aan die onder kant bruin is. Draai hulle op hulle sy kante om ook te verbruin.
Voeg bietjie warm water by en plaas ‘n deksel op die pan sodat die kluitjies kan gaar stoom. Ongeveer 5 minute.
Verwyder van die pan en maak jou doopsous as volg:

  • 250 ml water
  • 250 ml suiker
  • 3 ml sout
  • 80 ml appel asyn
  • 125 ml soya sous
  • 125 ml tamatie sous
  • 30 ml Maizena, aangemaak met bietjie water

Kook al die bestanddele saam behalwe die Maizena.
Laat die sous prut vir 2 minute en voeg die Maizena by om die sous dikker te maak.
Verwyder van stoofplaat en dien op saam met die kluitjies.

Resep en foto: Ilona Turner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page