Your Recipe Blog

BOERBESKUIT MET AARTAPPELSUURDEEG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 66 min | Servings: Lewer ongeveer 4 tot 4.5 kg droë beskuit.

BOERBESKUIT MET AARTAPPELSUURDEEG

Resep en foto: Frikkie Jones

  • 1.5 kg broodmeel
  • 1.5 kg koekmeel
  • 45 ml sout
  • 750 ml suiker
  • 30 ml anys (Opsioneel)
  • 500 g botter
  • Meng al die bostaande bestanddele en vryf die botter in, Hou eenkant.
  • Sit ‘n groterige bak op die skaal en stel die skaal op 0 (nul).
  • Voeg by:
  • 1 blik kondensmelk
  • 4 geklitsde eiers
  • 900 ml suurdeegplantjie vloeistof*
  • Voeg water by tot jy by 1.8 kg kom op die skaal
  • Meng saam.
  • Meng nou die nat met droog tot goed deurgemeng.
  • Bedek en laat 1 uur staan – (Dis baie belangrik – Hierdie tegniek word Fermentolyse genoem, wat die stysels aktiveer en omsit in suiker en wat die meel 100% hidreer).
  • Na die uur verby is, knie die deeg goed, met die hande of verdeel en knie in 3 sarsies met die Kenwood vir 5 min by medium spoed.
  • Bedek en laat rys by kamertemperatuur.
  • Onthou, hoe langer die beskuit rys, hoe laer die GI, want die suurdeeg eet die stysels. My beskuit “bulk ferment” vir 24 uur.
  • Knie af en maak jou panne op. Besprinkel elke pan beskuit met ‘n klein bietjie meel.
  • Sit ‘n plastiek stortkappie op en plaas in ‘n koue oond met net die liggie aan. Daai bietjie hitte van die liggie is genoeg om die deeg te laat mooi uit rys.
  • Sodra die panne vol is, verwyder van die oond, skakel die oond aan by 160ºC en as hy warm is, bak die beskuit vir 33 min. Draai die panne en bak ‘n verdere 33 min.
  • Sodra die beskuit uit die panne is, maak ‘n beker BAIE SOET swart koffie en smeer die beskuit se koppe sodat dit kan blink. (Dis hoe my Ouma my geleer het)
  • Koel die beskuit af, sny en breek en droog uit.
  • LET WEL:
    Anys is ‘n “retarder” vir suurdeeg en laat hom stadiger rys, dus gaan hy langer staan om mooi uit te rys.

AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE EN HANDIGE WENK

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page