Your Recipe Blog

AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE EN HANDIGE WENK

AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE EN HANDIGE WENK

Resep en foto’s:  Frikkie Jones
Foto 2 – Deeg wenk

“Ek gaan hierdie soos ‘n storie skryf want dit is die maklikste, so maak ‘n koffie en lees deur voor jy begin.”

  • Dag 1:
  • Jy benodig:
  • 1 silwerskoon 1 liter houer
  • 1 groot aartappel
  • 45 ml suiker
  • 2.5 ml sout
  • 10 rosyntjies
  • Skil en rasper die aartappel en rosyntjies en giet dit in die fles.
  • Vul die fles driekwart met water
  • Roer dan die sout in.
  • Maak toe met ‘n lappie en ‘n rekkie en laat staan vir 24 uur.
  • Dag 2 tot 5:
  • Halveer die vog en gerasperde aartappel, verwyder die rosyntjies  en plaas terug in die houer.
  • Voeg 1 groot gerasperde aartappel en 45 ml suiker by.
  • Vul aan tot driekwart.
  • Roer dan eers ‘n halwe teelepel sout by.
  • Dag 6:
  • Teen die tyd behoort die suurdeeg lekker aktief te wees.
  • Soms het dit dalk nog ‘n dag of twee se aanmoediging nodig.
  • Sodra die aartappels na 24 uur bo dryf is jou suurdeeg reg om te gebruik.
  • Volg die metode hierbo en gee die plantjie kos en laat staan tot die aartappel dryf.
  • 250 ml van die suurdeeg water sonder die skrapnel is genoeg vir 1 kg meel vir stadige fermentasie.
  • As jy haastig is kan jy 400 ml suurdeegwatergebruik.
  • Onthou om die plantjie weer kos te gee.
  • Nou kom die wiskunde:
  • 1 kg steengemaalde witbroodmeel
  • 20 g sout (2% van die gewig van die meel) ALTYD
  • 250 g suurdeeg (25% van die gewig van die meel)
  • 400 g filterwater (40% van die gewig van die meel)
  • Jou totale vog moet 65 % van die gewig van jou meel wees maw 250 g suurdeeg en 400 g water)
  • As jy haastig is, 400 g suurdeeg en 250 g wateR
  • OM DIE BROOD TE BAK:
  • Meng die sout en meel.
  • Meng die water en suurdeeg.
  • Meng nat- met droog tot deur gemeng.
  • Bedek en laat 1 uur staan. Stretch and fold 10 voue.
  • Bedek weer en laat 30 min staan. Herhaal nog drie keer.
  • Knyp n bolletjie deeg af en sit in n glas water, soos foto wys
  • Spuit ‘n dun lagie olie oor die deeg. Maak toe en laat staan in ‘n windlose vertrek. (Ek sit dit sommer in ‘n koue oond met net die liggie aan)
  • Sodra die balletjie deeg in die water dryf is dit tyd om jou panne / bannetons op te maak.
  • Sprinkel ‘n klein bietjie meel oor elke deeg in die panne/mandjies en bedek met stortkappies.
  • Laat uitrys in ‘n windlose vertrek (koue oond met net die liggie aan)
  • Sodra die deeg uitgerys is, haal uit die oond en skakel die oond aan tot 220⁰C.
  • Sit n roosterpan onder op die oond se vloer en laat hy saam met die oond warm word. Sit sommer die ketel ook solank aan.
  • Sodra die oond op hitte is, keer die bannetons uit op ‘n gespuite bakplaat.
  • Spuit die uitgerysde brode met ‘n dun lagie olie en “Score” die deeg met ‘n baie skerp lemmetjie, skalpel of vlymskerp mes op 45⁰C.
    Sit die brode in die oond en giet so 1cm kookwater onder in die warm roosterpan.
    Maak die oonddeur toe en bak 20 min. Draai en ruil die panne en bak ‘n verdere 20 min.
  • Keer die brode uit op draadrakke om af te koel. Verpak en deel uit, verkoop of vries hulle.
  • Nota:
  • Gee hom elke dag kos en gee eerder te veel kos as te min.
  • Ek gee myne twee maal per dag kos en hy is dolgelukkig.
  • My nuutste suurdeeg truuk:
  • Sodra ek my deeg klaar ge”stretch and fold” het en laat hom begin “bulk ferment”, sit ek ‘n balletjie deeg in ‘n glas kraanwater en kom slaap met hom langs my bed. Hier deur die nag as ek loer en ek sien die balletjie dryf, dan weet ek, ek moet my brode gaan opmaak vir finale rys voor bak.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page