CHARLEEN SE BEESSTERTSOP
Resep: Charleen Nieuwenhuizen
Foto: Louise Groenewald
- 1,2 kg beesstert
- 2 knorr beef stock pots
- 4 liter water
- ½ koppie rooiwyn
- 2 bay leaves
- ½ teelepel tiemie
- 4 wortels gerasper
- 4 aartappels gerasper
- 2 groot preie(leeks) opgekerf
- 2 seldery stingels opgekerf
- Seldery blare (Ek gebruik baie want ek hou van die geur en smaak) opgekerf
- ½ koppie rooi lensies
- ½ koppie soup mix
- 2 pakkies knorr oxtail and vegetables soppoeier
- 2 pakkies knorr thick vegetables soppoeier
- Week rooi lensies en soup mix in water vir so uur. Braai beesstert tot bruin. Voeg stock pots, wyn, 2 liter water en bay leaves by. Stoom vir ten minste 40 minute.
- Ek skep die vleis met vloeistof waarin dit gekook het oor in ‘n groot soppot. Dan voeg ek die die res van die bestandele by. Behalwe die soppoeier.
- Laat die sop prut op medium hitte vir so uur. Meng die soppoeier met water en voeg by sopmengsel.
- Laat prut vir verdere half uur. Geur met sout en peper.
Category:












