Your Recipe Blog

SUURDEEG -PLANTJIE EN -BROOD

Recipe by
Cook: 35 min

SUURDEEG -PLANTJIE EN -BROOD

Resep en foto:  Zani Beukes
Hierdie is my suurdeegplantjie wat net met meel en water gevoer word en dormant in die yskas kan bly vir weke sonder ‘n voer.

  • Meng in ‘n glasfles of houer met ‘n deksel:
  • 50 g meel
  • 50 g lou water
  • Roer goed en plaas deksel ligweg op.
  • Laat staan by kamertemperatuur vir 24 uur.
  • Dag 2:
  • Verwyder elke dag omtrent die helfte.
  • Voeg weer 50 g meel en 50 g water by
  • Roer en laat staan weer.
  • Dag 5 tot 7:
  • Behoort borrels te hê en effens suur te ruik en mooi te rys na voeding, dan is jou plantjie reg om mee te begin bak.
  • Sodra dit sterk en aktief is, kan jy dit in die yskas hou en net 1 keer per week voer.
  • OM DIE BROOD TE BAK:
  • Meet 280g water mikrogolf vir 30 sekondes.
  • Voeg 10g van elk van die volgende by:
    sout, Heuning en olyfolie
  • Voeg 100 g van die suurdeegplantjie wat reeds voorberei is by en meng goed.
  • Voeg 400 g broodmeel, meng en maak liggies toe met ‘n doek.
  • Laat rus vir 1 uur, doen dan elke half uur ‘n “stretch n fold” tot jy dit 4 keer gedoen het. Laat staan vir 2 ure,  “laminate” en rol in ‘n bal. Plaas dan in yskas vir 2 ure.
  • Voorverhit die oond tot 260ºC.
  • Haal die brood uit die yskas en plaas in die “dutch oven”
  • Bak by 260ºC vir 35 min in ‘n “dutch oven”.
  • Laat afkoel vir ten minste 40 min voor jy sny.
  • Dit klink na n lang storie maar dit is regtig baie eenvoudig. Ek gebruik dieselfde resep vir focaccia sourdough. Ook hoe langer jy die deeg in yskas los hoe beter die smaak.
    Verskoon asb my tweetaligheid woon al 20+jaar oorsee.
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page