Your Recipe Blog

VARS BORRIE VAN GROND TOT GEDROOG

VARS BORRIE VAN GROND TOT GEDROOG

Metode en foto’s : Petro Borchard

  • Ek het ‘n paar jaar gelede borrie knoetse geplant, net om te eksperimenteer. Dit van ‘n wyle voor dit groot genoeg is om regtig te oes, maar ek het gister ‘n hele klomp geoes.
  • Ek het laas jaar nie dadelik die proses om skille af te kry gedoen nie, en om dit daarna te doen is werklik nie ‘n plesier nie. Het gou besef dat die beste metode om die vars, dun skilletjies en laaste grond af te kry, is met ‘n naelborsel is.
  • Nou sit ek met ‘n groot voorraad gemaalde borrie wat besig is om te dehidreer, reg vir die volgende jaar of wat se kerrie variasies.
  • Dalk sal my naels en vingers teen daai tyd nie meer geel wees nie.
  • Ek het dit na die skoonmaak deur ‘n vleismeule gesit en fyn gemaal. Uitgesprei op ‘n skinkbord in dun laag en dis nou in ‘n sonnige plek besig om te droog.
  • Na dit droog is, maak ek seker dis los krummels en nie klonte nie. Dan hou ek dit in ‘n glas bottel vir gebruik.
  • Normaalweg sou ek dit in my dehidreerder gesit het, maar Eskom het besluit ons kan doen sonder krag vir die laaste 7 dae, so dit word nou maar op die outydse manier gedoen.
  • Ek het op ‘n stadium gemmer ook geplant, maar die het nou heeltemal verdwyn. Beide gemmer en borie het die mooiste blomme, lieflike plante.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page