BROODPOEDING MET ‘N VERSKIL
Resep aangepas en foto: Rina Kleinhans
Ek het weer vandag besef mens hoef niks weg te gooi nie. Ek het Sondag 3 snytjies brood se korsies afgesny, en die korsies in die vrieskas gesit, want ek wou dit nie weggooi nie. Vanoggend sien ek daar is so ‘n klein stukkie piesangbrood en ‘n stukkie brood.
Nou ja toe gaan loer ek op die blog en kry die resep wat ek toe net aanpas.
- Gebruik ‘n glas oondbak van 26 x 16 cm. ( 4-5 porsies)
- 3 snytjies brood se korsies
- 3 snytjies piesangbrood
- 1 broodkorsie
- botter blokkies
- appelkooskonfyt
- Sny al die brood in klein blokkies en plaas al die blokkies in die gespuite glasbak. Maak seker daar is ‘n lekker dik laag broodblokkies, indien nie sny maar nog brood by.
- Stip die broodblokkies met stukkies botter en appelkooskonfyt( myne was tuisgemaak, sulke lekker stukkies).
- Klits die volgende saam in ‘n maatbeker:
- 3 eiers
- 1½ koppies melk
- ½ koppie room
- 1 teelepel vanilla geursel
- ½ koppies suiker ( omdat ek piesangbrood gebruik het, het ek dit heelwat minder gemaak.
- Giet die eiermengsel eweredig oor die broodblokkies.
- Bak by 180ºC tot mooi bruin en gestol, ongeveer 30 min.
- Bedien met vla.












