Your Recipe Blog

BASKIESE KAASKOEK

Recipe by
Cook: 25 minute

BASKIESE KAASKOEK

Resep geplaas deur en foto: Elizabeth Haupt
“Ek moes mos maar my eie verjaarsdag koek maak. Ek het op die maklike kaaskoek afgekom, Basque Cheesecake, en ek is heel verras met hom. Gebruik margarine met 70% vet of botter, want anders gaan dit nie stol nie. Ek het resep dubbel aangemaak.”

  • Kaaskoek:
  • 200 g roomkaas
  • 30 g suiker
  • 2 eiers
  • 120 g room
  • 10 g mielieblom
  • Sjokoladesous:
  • 150 g room
  • 100 g donker sjokolade
  • 20 g botter / 70% vet margarine
  • Klits roomkaas en suiker saam en voeg die eiers by, voeg die 120 g room en mielieblom by. Sif mielieblom sodat dit nie klonte maak nie. Meng alles goed deur.
  • Plaas in voorbereide broodpan en bak teen 200 °C vir ongeveer 25 minute. Dit is ‘n warm oond, want bo-kant moet bietjie brand. Haal uit oond, laat effens afkoel.
  • Verhit 150 g room, en voeg donker sjokolade en 20 g botter by. Roer tot dit glad is. Drup oor koek en sit in yskas vir ten minste drie ure sodat sjokolademengsel weer stol.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page