LAMSPOT MET MOOI GROEN GROENBOONTJIES IN DIE DRUKPOT
Resep en foto: Elsabie Templeton
- Hou die groenboontjies se kleur helder op die manier:
- Ek het ‘n manier gevind om groenboontjies in stoompot so gaar te maak dat dit die groen kleur behou. Hierdie is ‘n metode, nie ‘n resep nie.
- Nadat die lam potjiekos stukke, uie, gepreserveerde suurlemoen skil, knoffel, roosmaryn takkies, aartappel kwarte en heel wortels gaar gestoom het (25 min), sit stoom rakkie (myne is vlekvrye staal en gebruik gewoonlik op ‘n kastrol maar pas toevallig binne in my Instant Pot) bo-op die vleis en heel jong groenboontjies binne in.
- Die sous lê onder en raak nie aan die boontjies nie.
- Stel pot op stoom vir 2 min op lae druk. Sodra die tyd verstreke is, laat stoom afblaas met die vinnige metode. Ek draai die stoom klep oop sodat stoom vinnig kan ontsnap.
- Haal die stoom rakkie versigtig uit en sit op ‘n bord. Sprinkel bietjie sout oor en dien op. Die groenboontjies is nie pap sag en vaal nie. Die kleur is helder groen en jou bord kos vertoon kleurvol.
- Die droë perskes het ek apart gestowe met kaneel stokkie, bietjie botter en 2 teelepels bruinsuiker.
- Bestanddele vir lamspot:
- 600 g lam potjiekos stukke
- 4 medium aartappels kwarte gesny
- 4 medium wortels heel
- 2 uie gekap
- 4 roosmaryn takkies
- 1 eetlepel fyn knoffel
- ‘n kwart skyf gepreserveerde suurlemoen dun gesny
- 300ml kookwater
- 3 teelepels WW bief ekstrak poeier (in die water gemeng en oor vleis en uie gegiet nadat gebraai in pot op Saute funksie)
- 1 teelepel WW bief ekstrak poeier oor die aartappels en wortels gesprinkel wat bo-op die vleis lê
- Braai die uie en vleis op Saute funksie tot mooi bruin. Giet die aangemaakte bief ekstrak oor.
- Voeg die res van die bestanddele by en stoom vir 25 min. Volg die metode soos bo verder.












