SJOKOLIS SE DROOMTERT
- 1 pakkie “Romany cream” koekies, fyn gemaak
- 80 ml gesmelte botter indien verkies
- 1 pakkie karamel kitspoeding
- 1 pakkie “Butterscotsh” kitspoeding
- 700 ml koue melk (350 ml per pakkie)
- 250 ml room, verkil
- versiersuiker na smaak
- Flake sjokolade
- Variasie:
- 2 pakkies sjokolade kitspoeding
Kors:
Maak ‘n pak Romany Creams (of soortgelyke sjokoladekoekies) fyn en meng dit met ‘n bietjie gesmelte botter. Druk dit vas onderin ‘n bak.
Indien verkies kan die fyn krummels net so sonder botter in die tertbak gesit word.

Vulsel:
Meng die twee pakkies kitspoeding se poeier saam.
Maak die kitspoeding aan volgens die instruksie op die pakkie met die melk.
(let op mens gebruik minder melk om ‘n dikker tekstuur te kry)
Skep die poeding oor die koekiekors.

Bolaag:
Klits ‘n houertjie vars room tot styf en skep dit bo-oor die poedinglaag.

Afronding:
Strooi gekrummelde Flake of gerasperde sjokolade oor die room.

Laat dit vir ten minste 4 uur (of oornag) in die yskas om te stol.
Resep getoets en foto: Hannelie Pieters