Your Recipe Blog

SJOKOLIS SE DROOMTERT

SJOKOLIS SE DROOMTERT

Resep getoets en foto: Hannelie Pieters

  • 1 pakkie “Romany cream” koekies, fyn gemaak
  • 80 ml gesmelte botter indien verkies
  • 1 pakkie karamel kitspoeding
  • 1 pakkie “Butterscotsh” kitspoeding
  • 700 ml koue melk (350 ml per pakkie)
  • 250 ml room, verkil
  • versiersuiker na smaak
  • Flake sjokolade
  • Variasie:
  • 2 pakkies sjokolade kitspoeding
  • Kors:
  • Maak ‘n pak Romany Creams (of soortgelyke sjokoladekoekies) fyn en meng dit met ‘n bietjie gesmelte botter. Druk dit vas onderin ‘n bak.
  • Indien verkies kan die fyn krummels net so sonder botter in die tertbak gesit word.
  • Vulsel:
  • Meng die twee pakkies kitspoeding se poeier saam.
  • Maak die kitspoeding aan volgens die instruksie op die pakkie met die melk. (let op mens gebruik minder melk om ‘n dikker tekstuur te kry)
  • Skep die poeding oor die koekiekors.
  • Bolaag:
  • Klits ‘n houertjie vars room tot styf en skep dit bo-oor die poedinglaag.
  • Afronding:
  • Strooi gekrummelde Flake of gerasperde sjokolade oor die room.
  • Laat dit vir ten minste 4 uur (of oornag) in die yskas om te stol.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page