ONTBEENDE SOET-SUUR VARKNEKPOT
Resep en foto: Franco Dippenaar
- Worcestersous speserye
- olie
- 1 of 2 heel ontbeende varknekke
- 2 tot 3 groot uie, gekerf
- 750 g pak wortels, opgesny
- 2 eetlepels knoffel
- 1 liter Coke
- 125 ml Jimmy’s sous
- sout en peper
- 10 heel klein uitjies
- 5 aartappels, in kwarte gesny
- 1 pak sampioen, gekerf
- Ekstra indien nodig:
- sap van 2 suurlemoene of 75 ml balsamiese asyn
- Le die nek/nekke op broodplank en sprinkel met worcestersous speserye orals oor.
- Verhit olie in ‘n swart pot. Plaas die gekerfde uie en wortels in die pot en laat geleidelik braai tot uie deurskynend is.
- Sit knoffel by en braai tot geurig. Haal alles uit die pot, plaas eenkant en braai die nekke in die pot tot geseël en effens bruin.
- Sit uie mengsel terug in die pot. Voeg genoeg water by om so halfpad teen die nekke op te kom, sit die deksel op en laat prut so ‘n uur of 2, tot vleis redelike sag is.
- Voeg die Coke en Jimmy’s sous by. Laat prut vir nog ongeveer 1 uur.
- Sit sout en peper na smaak by en voeg die aartappels, klein uie en sampioene by. Laat kook vir nog ‘n uur of tot aartappels sag is.
- Teen die tyd sal die vleis heeltemal sag wees en uitmekaar val soos rafeltjie vark.
- Gaan weer sout en peper na en pas aan indien nodig.
- As die pot te soet is, voeg die suurlemoensap of asyn by om dit te breek. Dit moet ‘n soet-suur smaak hê.
Category:













