Your Recipe Blog

PEER- EN GEMMERTERT

PEER- EN GEMMERTERT

Ek het die resep op Jamie Oliver se site gekry. Ek het so bietjie geproe aan die vulsel, want ek was heel skepties oor die kombinasie. Absoluut heerlik!!!

  • Kors:
  • 250 g koekmeel
  • 125 g botter
  • klein bietjie koue water om dit te bind
  • klein bietjie ekstra meel vir wanneer jy dit uitrol
  • Vulsel:
  • 100 g botter
  • 125 g strooisuiker (daai fyn een)
  • 200 g bruismeel
  • 2 medium eiers
  • 90 g stem gemmer (daai wat ingelê is in stroop)
  • 1 teelepel gemmerstroop
  • ½ teelepel bakpoeier
  • 6 klein “desert” pere (ek het 2 blikkies ingelegte pere gebruik)
  • klein bietjie Demerara bruin suiker vir sprinkel

Kors:
Meng die koekmeel en botter met vingers tot dit krummelrig is. Voeg koue water bietjies vir bietjies by tot jy ‘n deeg bal het. Laat dit staan vir 15 min.
Rol uit en druk die deeg vas in ‘n gesmeerde tertbord. Ek het twee foelie borde gebruik wat ek gesmeer het met botter en die kante netjies afgesny het en met ‘n vurk aan die kante vasgedruk.
Sny ‘n sirkel waspapier uit en plaas dit bo-op die tert met ‘n paar rou boontjies (enige tipe). Blind bak teen 220°C vir 15 min (200°C vir waaier oonde).

Intussen berei die vulsel voor.
Skil die pere en haal pitte uit. Sny 3 pere in fyn stukke. Sny die ander in skyfies om bo op die tert te pak. Sny die gemmer in fyn stukkies.
Smelt die botter. Haal dit van die stoof af en meng die suiker, meel, eiers, gemmer, 1 teelepel gemmer stroop, ½ teelepel bakpoeier en die fyn gesnyde pere saam.

Vul die tert dop met die mengsel en plaas die ander peer skyfies bo-op die tert. Sprinkel bietjie bruinsuiker oor en bak teen 180°C tot bruin (160°C vir waaier oonde) tot gaar. Myne het ek ingehad vir 20min.

Resep aangepas en foto deur Ann Fischadler

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page