SPEK- EN SAMPIOENPASTA MET KAASSOUS
Hoeveelheid hang af van hoeveel mense. Ons was 4.
- 1 pak pasta, jou keuse.
- 1 ui fyn gekerf
- vars sprietuie gekerf
- 4 toontjies vars knoffel gekerf
- 1 groen soetrissie gekerf
- ½ pakkie sampioene, fyn op gesny
- origanum, tiemie, pietersielie en knoffel en sperserye geursel
- sout en fyngemaakte growwe peper.
- 4 middelslag tamaties ontvel en opgesny in klein stukkies
- 2 pakkies spek gesnipper
- kaas gerasper
- 4 koppies klaargemaakte witsous
Braai die ui, vars sprietuie,knoffel, groen soetrissie en sampioene saam in ‘n groot pan.
Braai die spek in ‘n aparte pan.
Voeg die tamaties by die uiemengsel en braai deur.
Voeg die origanum, tiemie, pietersielie en speserye by en prut.
Voeg bietjie sout en fyngemaakte growwe peper by.
Voeg die gebraaide spek by die ander bestanddele in die pan.
Maak ‘n witsous en voeg bietjie kaas by aan die einde.
Klits goed deur met hand klister.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
Skep die spekmengsel by die gaar pasta.
Meng deur en skep in ‘n opdien skottel.
Skep die kaassous bo oor en meng deur.
Sprinkel ekstra gerasperde kaas bo oor.
Draai bietjie growwe swartpeper uit oor dit.
Indien verkies, plaas in die oond by 180ºC sodat die kaas net lekker smelt, of skep net so op.
Bedien met groenslaai of rolletjies.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff