SPEK- EN SAMPIOENPASTA MET KAASSOUS
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff
Hoeveelheid hang af van hoeveel mense. Ons was 4.
- 1 pak pasta, jou keuse
- 1 ui, fyn gekerf
- vars sprietuie, gekerf
- 4 toontjies vars knoffel, gekerf
- 1 groen soetrissie, gekerf
- ½ pakkie sampioene, fyn op gesny
- origanum, tiemie, pietersielie en knoffel en sperserye geursel
- sout en fyngemaakte growwe peper
- 4 middelslag tamaties, ontvel en opgesny in klein stukkies
- 2 pakkies spek, gesnipper
- kaas, gerasper
- 4 koppies klaargemaakte witsous
- Braai die ui, vars sprietuie,knoffel, groen soetrissie en sampioene saam in ‘n groot pan.
- Braai die spek in ‘n aparte pan.
- Voeg die tamaties by die uiemengsel en braai deur.
- Voeg die origanum, tiemie, pietersielie en speserye by en prut.
- Voeg bietjie sout en fyngemaakte growwe peper by.
- Voeg die gebraaide spek by die ander bestanddele in die pan.
- Maak ‘n witsous en voeg bietjie kaas by aan die einde.
- Klits goed deur met hand klister.
- Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie.
- Skep die spekmengsel by die gaar pasta.
- Meng deur en skep in ‘n opdien skottel.
- Skep die kaassous bo-oor en meng deur.
- Sprinkel ekstra gerasperde kaas bo-oor.
- Draai bietjie growwe swartpeper uit oor dit.
- Indien verkies, plaas in die oond by 180ºC sodat die kaas net lekker smelt, of skep net so op.
Bedien met groenslaai of rolletjies.
Category:












