VINNIGE KAASSKONS
Die skons het so lekker baie kaas in dat jy dit net so kan voor sit of met ‘n bietjie konfyt.
- 500 ml bruismeel (self rising flour)
- 500 ml gerasperde kaas, cheddar verkieslik
- 500 ml melk
- 5 ml sout
- 10 ml rooipeper
Meng alles saam en skep in gespuite kolwyntjie pan.
Bak teen 180°C vir 20 minute.
Nota:
Ek het ‘n klein pannetjie gebruik en 16 uitgekry.
Die rooipeper klink baie, maar jy proe niks, ek gaan volgende keer bietjie meer rooipeper insit.
Resep en foto: Corrie Smith Venter












