Your Recipe Blog

PIEKEL AARTAPPELS

PIEKEL AARTAPPELS

Resep getoets en foto’s: Susan Heyns

  • 1 kg baba-aartappels
  • Piekel:
  • 500 ml witasyn of appelasyn vir ’n ligter smaak
  • 250 ml water
  • 3 – 4 eetlepels suiker
  • 2 eetlepels sout
  • 3 – 4 knoffeltoontjies, gekap
  • 1 – 2 teelepels swartpeperkorrels
  • 1 teelepel mosterdsaad
  • 1 – 2 lourierblare
  • ’n paar rooipepervlokkies of vars kruie soos tiemie of roosmaryn, opsioneel
  • Was die baba-aartappels goed af onder water.
  • Jy kan dit heel laat of in die helfte sny, as dit bietjie groter is.
  • Plaas die aartappels in ’n kastrol met water en ’n bietjie sout en kook vir ongeveer 8 – 10 minute totdat dit net sag is, maar nie pap nie.
  • Dreineer en laat effens afkoel.
  • Maak intussen die piekel – meng die asyn, water, suiker en sout in ’n kastrol.
  • Voeg die knoffel, peperkorrels, mosterdsaad en lourierblare by.
  • Verhit tot kookpunt en laat vir 2 – 3 minute prut totdat die suiker en sout opgelos is.
  • Plaas die warm aartappels in skoon gesteriliseerde glasbottels of houers.
  • Giet die warm piekel oor die aartappels totdat dit heeltemal bedek is en seël die bottels met die deksels.
  • Laat dit afkoel tot kamertemperatuur en plaas die bottels in die yskas.
  • Laat staan vir ± 5 dae.
  • Bedien met die volgende sous:
  • MAYONNAISE SOUS
  • ½ koppie mayonnaise
  • 2 eetlepels jogurt of suurroom, opsioneel – maak dit ligter
  • 1 klein rooi ui, fyngekap of ½ koppie gepiekelde rooi ui, nog lekkerder
  • 1 – 2 eetlepels vars pietersielie of dille, gekap
  • 1 eetlepel mosterd, Dijon of gewone mosterd
  • sout en peper na smaak
  • gekookte eiers of spek stukkies vir ekstra vulsel, opsioneel
  • Dreineer 500 g van die gepiekelde baba-aartappels effens, sodat dit nie te nat is nie en sny dit in skywe.
  • Meng die mayonnaise, jogurt / suurroom (indien gebruik), mosterd, sout en peper in ’n bak.
  • Voeg die aartappels, rooi ui en vars kruie by en meng liggies deur sodat die aartappels nie breek nie.
  • Plaas die slaai in die yskas vir minstens 30 minute sodat die geure kan trou.
  • Bedien koud saam met braaivleis, vis of hoender.

Nota: Foto 2
Ek het nog 2 verskillende soorte gemaak. Ek het 1 eetlepel medium kerriepoeier en borrie bygevoeg by die een. Die ander het ek 200 ml soja-sous met roosmaryn takkies bygevoeg. Die baba-aartappels lyk mooier as die klein gesnyde aartappels.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page