Your Recipe Blog

LEKKERSTE PIESANGBLATJANG

LEKKERSTE PIESANGBLATJANG

Resep:  Lorett Brittnell

  • 12 groot piesangs, gesny
  • ½ koppie rosyne of dadels, gesny
  • 2 groot uie gekap
  • rooi en groen soetrissies, gekap na smaak (ook vir kleur)
  • 250 ml witsuiker
  • 500 ml witasyn
  • 15 ml sout
  • 15 ml kerriepoeier
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 5 ml fyn gemmer
  • 5 ml kaneel
  • Kook al die bestanddele stadig tot lekker dik en roer gereeld.
  • Bottel kokend in voorbereide bottels met deksels.
  • Nota:
  • Jy kan pap ryp bruin piesangs ook gebruik. Produk net bietjie donkerder. As ek rosyne gebruik sny ek dit bietjie fyner vir eweredige verspreiding.

Lekker by alles asook soutkoekies en kaas. Hoe langer dit staan hoe geuriger. Dis ‘n skep-blatjang en nie loperig.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page