KOSTEBEREKENING VAN TUISGEMAAKTE PRODUKTE
Inligting en foto: Michelle Polley
Ek sien só baie navrae van mense wat vra wat hulle kan vra vir die verkoop van hul tuisgemaakte pasteie, koek, melkkos, pannekoek, fudge, ens, ens.
Die antwoord: NIEMAND KAN VIR JOU SÊ WAT OM TE VRA NIE!
- Almal se pryse gaan verskil want:
Niemand koop hul bestanddele by dieselfde plek nie.
Ek gebruik byvoorbeeld net free range eiers en koop direk by die boer op ‘n plaas.
Iemand anders kry ‘n spesiale aanbieding vir meel en koop daar.
Jy bly in ‘n klein dorpie en moet ten duurste vir bestanddele betaal.
Ek bly in ‘n stad en kan my bestanddele goedkoper by ‘n bakkerswinkel koop.
Jy gaan sélf jou prys moet uitwerk. Anders gaan jy nie wins maak nie! - Hier is jou formule :
- Kosprys x 3 = Verkoopprys
- 1 = Voorraad
- 2 = Uitgawes bv krag & verpakking
- 3 = Jou wins
- Gaan só te werk : Jy moet eers jou KOSPRYS uitwerk :
- 1. Gaan sit met jou resep en werk presies uit wat elke bestanddeel jou kos per gram (ja, dis moeite, maar die enigste manier!) m.a.w wat jy vir al die bestanddele betaal het. Kry die totaal. Dís wat dit jou per “batch” kos om jou item te maak.
- 2. Werk uit wat kos jou elektrisiteit/gas om die item te maak. Tel dit by die koste van die verpakking waarin jy jou item verkoop – bv Naamplakkers, sakkies, servette, bakkie, boksie, lepeltjie, ens.
- Tel nr 1 en 2 bymekaar = Kosprys
- Vermenigvuldig Kosprys met 3 = Totale Verkoopprys per “batch”.
- Deel jou Verkoopprys deur die aantal items wat jy uitkry per batch – dít is jou Verkoopprys per item.
- Byvoorbeeld :Totale koste van bestanddele = R 200
Koste van elektrisiteit/gas en verpakking = R 100
Som van: R 200 + R 100 = R 300 x 3 = R 900
R 900 ÷ 50 items = R 18 per item - MOENIE in die strik trap om ander se pryse te gebruik nie, jy weet nie wat hulle kosprys is nie! So kan jy vinnig agteruitboer en geld verloor!
- To determine the cost of using a gas oven, you need to find your gas rate (cost per unit, usually per kWh or therm), the oven’s input rating (kW or BTU), and the duration of use. Multiply the input rating by the gas rate to get the cost per hour, then multiply by the number of hours used to find the total cost.












