BANOFFEE TERT ALA MICHAEL
Resep en foto: Michael Coetzee
- 1 pakkie gemmer beskuitjies
- 80 ml gesmelte botter
- 1 blikkie karamel kondensmelk
- 3 eetlepels Sherry
- 3 piesangs, in skyfies gesny
- 250 ml ” dessert cream” (blikkie of boksie)
- karamel springmielies
- gold dust, opsioneel
- Maak die gemmer beskuitjies fyn en meng met ‘n bietjie gesmelte botter.
- Skep dit in ‘n voorbereide glasbak en druk effe plat met ‘n lepel.
- Neem die karamel kondensmelk, klits goed tot glad, voeg die Sherry daarby en klits tot romerig.
- Skep bo-op die gemmerkrummels en maak gelyk.
- Neem die piesangskyfies en pak bo-op die karamel.
- Klop die “dessert cream” styf en skep bo-op die piesangskyfies.
- Plaas in koelkas vir 30+ minute of langer.
- Ek het afgerond met gold dust en karamel springmielies net voor opdiening.
Terwyl jy wag skakel my om te kom toets…. 🙂












