KLAM SJOKOLADE KOEK OF POEDING
Resep en foto: Amanda Austen
Die kan as poeding of koek bedien word.
- 250 ml koekmeel
- 250 ml suiker
- 2 ml sout
- 10 ml bakpoeier
- 80 ml kakao
- 125 ml kookolie
- 125 ml kookwater
- 4 eiers, geskei
- Sous:
- 1 blikkie Ideal Melk
- 125 ml suiker
- 2 heelneut sjokolades, gesmelt met 40 ml melk
- Verhit die oond tot 180°C en bespuit ‘n koekpan (vir koek) of glasbak (vir poeding) met kleefwerende kossproei. As dit ‘n koek is, lê die koekpan uit met 2 of 3 lae, bakpapier.
- Sif die koekmeel, suiker, sout en bakpoeier saam.
- Meng die kakao, kookolie, kookwater en die eiergele saam.
- Voeg die eier mengsel by die droë bestanddele. Meng goed deur.
- Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in.
- Bak vir 40 – 45 minute lank of tot toetspen skoon uitkom.
- Maak intussen die sous en giet bo-oor die koek of poeding sodra dit uit die oond uitkom.
- Laat heeltemal afkoel. Keer koek versigtig uit.
- Versier met gesmelte sjokolade.
Category:













