Your Recipe Blog

SUURLEMOEN-VANILLA SUIKERKOEKIES

Recipe by
Cook: 15mins | Servings: 15 koekies

SUURLEMOEN-VANILLA SUIKERKOEKIES

Resep en foto: Yolande Nel
Sommer gou aanmekaargeslaan met dié tyd van die jaar se oordaad heerlike suurlemoene. Ek het laat waai met die zest, sommer verdubbel, en dit smaak heerlik! Dit is maar jou persoonlike smaak wanneer dit kom by suurlemoene. Ek het nie die water/melk nodig gehad nie, my deeg het perfek gekom daarsonder.

  • 125 g koekmeel
  • 2 eetlepels Maizena
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • 100 g suiker
  • 60 g botter
  • 1 eetlepel suurlemoenskil
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • ½ teelepel vanilla essence
  • 1 – 2 eetlepels melk of water (slegs wanneer dit nodig is om die tekstuur van die deeg reg te kry).
  • Voorverhit die oond tot 180°C. Meng die meel, Maizena, bakpoeier en sout in ‘n bak.
  • In ‘n ander bak, room die botter en suiker tot lig. Voeg die suurlemoenskil, sap en vanilla by en meng goed.
  • Voeg die droë bestanddele geleidelik by die nat mengsel.
  • Meng om ‘n sagte deeg te vorm, gebruik die melk of water net as dit te droog is.
  • Rol in klein balletjies, plak op ‘n gesmeerde oondpan, maak liggies plat met jou vinger of ‘n vurk.
  • Bak vir 12 – 15 minute. Koel af en geniet!

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page