Your Recipe Blog

KRAPKOEKIES

KRAPKOEKIES

Resep en foto: Maryna Viljoen Kruger
Ek het krap koekies gemaak – ek het nie ‘n resep nie, maar hier is hoe ek dit gedoen het~

  • 500 g krapvleis
  • 1 groot aartappel
  • suurlemoen peper
  • ½ suurlemoen se sap
  • gerasperde skil van suurlemoen
  • ½ teelepel gedroogde dill
  • 1 eier
  • bietjie koekmeel of panco vir seekos
  • olie vir braai
  • Was die krap en stoom 15 min lank.
  • Verwyder al die bene.
  • Dit moet omtrent 500 g se vleis wees.
  • Kook die aartappel tot sag en trek die skille af.
  • Maak kapokaartappel van die gekookte aartappel.
  • Meng die krapvleis met die aartappel.
  • Voeg bietjie suurlemoenpeper by.
  • Voeg sout na smaak by. (vleis is reeds sout)
  • Voeg nou ½ suurlemoen se sap en gerasperde skil by.
  • Voeg ½ teelepel gedroogde dill by.
  • Meng alles goed en vorm koekies.
  • Doop die koekies in die meel of panco en plaas in die yskas vir ½ uur.
  • Braai die koekies in warm olie en dreineer op kombuispapier.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page