PEPER HOENDERPASTEI
Resep en foto: Ilze Jacobs
Ek het toe ons by my ma-hulle in Jeffreybaai gekuier het ‘n “pepper chicken” pastei geëet by Gisters restaurant en dit was ongelooflik lekker. So lekker dat ek dit twee keer geëet het (en ek eet nie regtig pasteie nie!) So het ek dit vanaand probeer recreate, en hierdie is my interpretasie van Gisters se Pepper Chicken Pie.
- 15 ml olie
- 15 ml botter
- 1 ½ medium of 1 groot ui, gekap
- 1 knoffelhuisie, gekap
- ½ gaar hoender se vleis of twee groot gaar hoenderborsies, opgesny in kleiner blokkies
- 1 teelepel vars of gedroogde tiemie
- 1 eetlepel fyngemaakte swart peperkorrels
- 1 koppie “chicken stock”
- 125 g roomkaas
- gekoopte blaardeeg velle of uitgerolde blaardeeg
- geklitste eier of mayonnaise
- Verhit die olie en botter in ‘n pot en voeg die ui en knoffel by. Braai oor medium hitte vir omtrent 10 minute.
- Voeg die hoender, tiemie, peper en hoenderaftreksel by en prut tot amper al die vloeistof verdwyn het.
- Voeg die roomkaas by en roer tot alles gesmelt het. Verkoel.
- Spuit en voer een groot oondbak (50 x 25 cm) of twee kleiner oondbakke (30 x 20 cm) met blaardeeg uit, skep die vulsel bo-op en bedek met nog ‘n vel blaardeeg.
- Verf met geklitste eier of mayonnaise en bak vir 30 minute by 190°C tot goudbruin.












