“LADY OF THE MANOR” NAGEREG
Daar is ‘n groot verskeidenheid nageregte met ‘n sjokolade sous. Ek het die resep jare gelede by ‘n onderwyser gekry. Die speserye in hierdie nagereg maak dit besonders. Volgens hom is dit LADY OF THE MANOR nagereg.
- Plaas in ‘n leë vrugtefles die volgende:
- 1 koppie suiker
- 3 eetlepels kakao
- 1 teelepel gemmer
- 1 teelepel kaneel
- 1 teelepel neutmuskaat
Sit deksel op en skud goed om te meng. Hou hierdie suiker mengsel eenkant.
- Meng saam in ‘n mengbak:
- 1 koppie koekmeel
- 2 teelepels bakpoeier
- knippie sout
- ½ koppie suiker
- Ekstra:
- 3 eetlepels sagte botter
- 1 koppie koue melk
- 2 koppies kookwater
Neem die sagte botter en frummel in die meelmengsel in tot dit soos putu-pap lyk.
Voeg die koue melk by die meelmengsel en roer met ‘n vurk.
Skep in ‘n oondvaste bak. Neem die suiker- en speserymengsel wat in vrugtefles is en strooi oor die meelmengsel.
Giet die kookwater laaste stadig en versigtig oor.
Nota:
Om die kookwater oor die agterkant van ‘n groot lepel te skink, versprei dit mooi egalig.
Bak 1 uur by 180°C.
Resep geplaas deur Frans van Rensburg
Foto: Yolande Nel












