SARAH SE KLAPPERKOEKIES
- 500 g bruismeel
- 250 g botter, kamer temperatuur
- 2 koppies witsuiker
- 2 koppies fyn klapper
- 3 eiers
Room botter en suiker en voeg die eiers by
Sif bruismeel en klapper en meng met natmengsel. Ek het my hande gebruik.
Maak bolletjies,pak op die bakplaat en druk dit effe plat.
Plaas’n klein stukkie kersie bo-op. (My man het hiermee gehelp)
Bak op 180°C vir 15 minute. (Pas aan soos nodig).
Die koekies is wit, bros en heerlik. Val nie uitmekaar.
Resep en foto: Karin Els












