BOBOTIE MET ‘N KINKEL
- 1 kg maer beesmaalvleis
- 3 uie, fyn gekap
- ½ koppie rosyne
- 2 appels, geskil en in blokkies gesny
- olie, om in te braai
- 4 snye brood
- 1 koppie melk
- 1 eetlepel kerriepoeier
- 2 teelepels borrie
- 2 teelepels sout
- 1 teelepel peper
- 2 hoogvol eetlepels appelkooskonfyt
- ¼ koppie asyn
- 4 eiers
- pynappel, hoeveelheid na smaak
Braai die uie, rosyne en appel in ‘n bietjie olie.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.
Week die snye brood in die melk.
Druk die oortollige melk uit die brood.
Voeg die brood by maalvleismengsel in ‘n kastrol roer goed deur.
Voeg die kerrie, borrie, sout, peper, appelkooskonfyt en asyn by.
Meng alless saam en roer goed.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerdde oondbak.
Klits die eiers in die oorblywende melk (van die brood), voeg bietjie sout by.
Versprei die eiermelkmengsel bo-oor die bobotie.
Nota:
Ek het pynappel gehad wat ek nie wou verloor nie, dit opgesny en bo-op die bobotie gepak.
Bak in die oond by 180°C tot die eiermengsel gestol is.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk













