Your Recipe Blog

KERRIE SNOEKSOP ALA HANNALIE

KERRIE SNOEKSOP ALA HANNALIE

Stert en ruggraat van snoek met res van die stukkies vis.

  • 1½ liter koue water
  • 3 lourierblare
  • 4 peperkorrels
  • 1 groot geelwortel, grof gerasper
  • 2 groot uie, fyngekerf
  • 1 groot aartappel, gerasper
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel olie
  • 2 teelepels kerriepoeier
  • 1 teelepel borrie
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • ¼ koppie fyngekapte pietersielie
  • sout en peper

Gebruik stert en ruggraat van die snoek saam met ander stukkies vis. (Ek het 1 kleinerige snoek gebruik)
(Indien dit soutsnoek is wat gebruik word, week oornag in water en spoel af).
Bedek vis met water, voeg lourierblare en peperkorrels by en laat kook vir ± 25 minute. Skep skuim af.
Verwyder van stoof en laat afkoel. Verwyder grate en pluis vis.
Braai intussen die uie, kerrie en borrie in olie en botter tot goed gaar, voeg geelwortel en aartappel by en roer goed deur.
Voeg nou die geelwortelmengsel by die vismengsel en kook tot groente goed gaar is, ± 30 minute.
Voeg die suurlemoensap, sout en peper na smaak by. Voeg net voor opdien die pietersielie by en meng deur.
Bedien met vars volgraanbrood of croutons.
Het jare terug hierdie resep by die Chef van De Oude Libertas Restaurant gekry.

Resep: Hannalie Kitshoff
Foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page