PETRE SE TUISGEMAAKTE MOSTERD
Uiteindelik na ‘n hele paar jaar die mosterd resep ontdek wat ek verloor het, en vandag weer in ‘n boek nogsteeds op die papierbord waarop ek dit geskryf het, gekry. Sommer dadelik gemaak en in my boek geskryf.
- 6 eiers
- 1 koppie suiker
- 2 opgehoopte eetlepels mosterdpoeier
- 1 koppie asyn
Meng mosterd en asyn en laat trek vir ‘n halfuur.
Klits suiker en eiers goed saam.
Voeg mosterd en asyn mengsel by, en kook in dubbelkoker oor stadige hitte tot dik.
Bottel warm.
Resep: Petré Van Jaarsveld
Mikrogolf metode:
Vandag eer ek weer Petré Van Jaarsveld se nagedagtenis. Sy resepte is almal wenners, hy was ‘n wonderlike sjef gewees. Hy was ook baie vrygewig met sy kennis en resepte en ons kan steeds leer by hom en dit geniet, al is hy nie meer met ons nie.
Vanoggend het ek sy tuisgemaakte mosterd gemaak. Ek het afgewyk van die dubble koker metode in die resep en die mikrogolfoond ingespan. Met eiers wat kan skif moet jy maar versigtig wees as jy dit aan direkte hitte blootstel, maar ek weet dit kan gedoen word, hier is my metode:
Plaas die mengsel in die mikrogolfoond op 50% krag en draai vir 3 minute. Roer met ‘n “whisk”.
Nog 2 minute, roer met ‘n “whisk”.
Herhaal nog drie maal tot dit lekker dik is.
Jy kan dit warm bottel in ‘n gesteriliseerde glasfles. Ek bêre myne in hierdie koffiefles in die yskas.
Resep vir mikrogolf en foto: Louise Groenewald














Hierdie is regtig ‘n heerlike resep, en al een wat ek maak. ‘n Wenner beslis.