Your Recipe Blog

KLAPPER PERSKE HOENDERSTUKKIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 porsies

KLAPPER PERSKE HOENDERSTUKKIES

Resep getoets en aangepas deur Rina Kleinhans
Hierdie is sagte hoenderhappies met ‘n krakerige klapper en panko-kors, aangevul deur ‘n soet en pittige perskesousie. Ek het gevind die sous is bietjie suur en die sousie is baie min vir oor rys bedien, so ek het die resep bietjie aangepas, maar die sous is maar ‘n persoonlike ding, as jy baie sous wil hê vir die rys, sal jy al die sous bestanddele moet verdubbel. Hou dan die hoender uit, bedien dan die sous oor die hoender wanneer mens opskep.
Ek dink as mens die sous net soos in die resep maak, sal dit ook heerlike wees om net saam met ‘n slaai te bedien.
  • Hoender
  • 4 beenlose hoenderborsie sonder vel, in blokkies van 1 duim gesny
  • ½ koppie (46 g) fyn klapper
  • ½ koppie (54 g) panko-broodkrummels
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel swartpeper
  • ¼ koppie (31 g) koekmeel
  • 1 groot eier, kamertemperatuur, geklits
  • 2 eetlepels canola-olie
  • Sous
  • 1 blikkie (410 g) perske met stroop, in wiggies gesny*
  • 2 eetlepels ekstra suiwer olyfolie
  • 2 teelepels sojasous
  • 2 teelepels appelasyn
  • 2 teelepels heel korrel mosterd
  • 1 teelepel fun gekapte knoffel
  • 1 teelepel sout
  • ¼ teelepel swartpeper
  • ¼ teelepel rooipepervlokkies, opsioneel
  • ½ koppie soet rissiesous (sweet chilli sous)
  • 2 teelepels suiker
  • 1 teelepel kerriepoeier, aangemaak met 125 ml water
  • 1 eetlepel Maizena aangemaak met 125 ml water
  • pietersielie, gekap vir garnering
  • Hoender:
  • Indien die klapper bietjie grof is, plaas die klapper in ‘n voedselverwerker. Pols totdat die klapper fyngekap is. Voeg die panko, sout en peper by en pols een of twee keer tot net gemeng. Indien die klapper lekker fyn is kan die bestanddele net saam gemeng word.
  • Sit drie medium bakkies uit. Voeg die meel by die eerste bak.
  • Voeg die geklitste eier by die tweede bak.
  • Voeg die klappermengsel by die derde bak.
  • Doop die hoenderstukke in die meelmengsel en tik enige oortollige meel af.
  • Doop hulle dan in die eiermengsel, en laaste in die klappermengsel, maak seker dat jy alle kante eweredig bedek.
  • Plaas op ‘n bord terwyl jy die res van die hoender doen. Plaas in die yskas vir ‘n rukkie.
  • Plaas die olie in ‘n groot kleefvrye pan oor medium-hoë hitte.
  • Sodra dit warm is, pak die hoenderstukkies in die pan en braai tot goudbruin (ongeveer 4 – 5 minute per kant), of totdat die hoender net gaar is. Wees versigtig om nie die pan te oorvol te maak nie, en moenie die olie te warm maak nie, dan verkleur die hoeder te vinnig.
  • Plaas die gaar hoender op ‘n bord en maak toe om warm te bly.
  • Gebruik ‘n papierhanddoek om die pan mee uit te vee.
  • Sous:
  • Verminder die hitte tot medium. Plaas die perskestukke en stroop, saam met die res van die sous bestanddele behalwe die Maizena in die pan.
  • Roer om te kombineer en verhit tot prut. Voeg die maizenawater by en kook deur, indien die sous te dik is, sit bietjie water by.
  • Voeg die hoender by en roer deur tot bedek.
  • Sit voor oor rys, versier met pietersielie.

Notas*
Indien jy sou verkies om nie die perskestukke te gebruik nie kan jy dit vervang met 1 koppie perskekonfyt.
Die meel, eier en klapperkrummels is net genoeg vir die 4 hoender borsies, daar bly niks oor nie, wat fantasties is, want anders weet mens nooit wat om daarmee te maak nie.
Elize de Kock
125 ml klapperroom aan die einde kan dalk die sous meer maak. Sou dan bietjie meer kerriepoeier gebruik, al die spesrye dubbel.

  • LUGBRAAIER INSTRUKSIES
  • Bedek die hoenderstukke soos aangedui.
  • Plaas die hoender in die mandjie van jou lugbraaier in ‘n enkele laag.
  • Lugbraai vir 8 minute by 200ºC, draai halfpad deur die stukkies om, en braai tot net gaar.
  • Let wel: Die versoete klapper kan donker lyk of verbrand word as dit in ‘n lugbraaier gekook word, maar dit smaak nie gebrand nie.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page