Your Recipe Blog

HEERLIKE GEBAKTE JOGURTTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

HEERLIKE GEBAKTE JOGURTTERT

Baie lekker as tert of poeding (indien dit warm saam met brandewyn sous bedien word). Gekry in Beste van Wenresepte van Annette Human. Ek het die Bulgaarse jojurt met gemengde vrugte jogurt vervang. Bietjie langer gebak as die oorspronklike resep. Die vrugte jogurt was vir ons lekkerder as die oorspronklike. Brandewynsousresep op groep gekry.

  • 115 g margarien
  • 250 ml suiker
  • 3 eiers, geklits
  • 250 ml bruismeel
  • 1 ml sout
  • 450 ml melk
  • 350 ml Bulgaarse jogurt

Oond 180°C. Smeer bak met volume van 2 liter.
Verroom die margarien en die suiker. Klits eiers by.
Voeg bruismeel en sout by en meng.
Meng die melk en die jogurt, voeg by die eiermengsel en klits goed tot gemeng.
Skep in voorbereide oondbak.
Bak 45 minute tot gestol.

Resep en foto:  Madeleine Steenkamp

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page