Your Recipe Blog

PAMPOEN FLAPJACKS/ CRUPETS/ PLAATKOEKIES

PAMPOEN FLAPJACKS/ CRUPETS/ PLAATKOEKIES

Foto: Marietjie Nel‎
Resep geplaas deur Hanlie Oosterhuis
Iemand het nou so tydjie terug hierdie resep van die pampoen plaatkoekies op die blad gesit – ek het dit vandag gemaak en bedien saam met my beesstert, rys en gevulde sampioene- en julle dis heerlik – ek sal nooit weer gewone pampoenkoekies maak nie – daar kom karringmelk in en dis fantasties.

  • 250 g pampoen, in blokkies
  • 3 eetlepels bruinsuiker
  • 1 eetlepel sonneblomolie
  • 5 ml vanilla
  • 2 groot eiers
  • 250 ml karringmelk
  • knippie sout
  • 2,5 ml kaneel
  • 210 g bruismeel
  • botter om in te braai en klein bietjie ekstra olie
  • Stoom die pampoen tot gaar  vir ongeveer 20 minute.
  • Plaas die warm pampoen, suiker, olie en vanilla in ‘n menger en meng tot glad.
  • Voeg die eiers, karringmelk, sout, kaneel en meel by.
  • Meng goed deur vir ‘n slap deeg.
  • Verhit ‘n knop botter in ‘n pan saam met ‘n bietjie sonneblom olie, en skep teelepels vol pampoen mengsel daarin, braai tot daar lugborrels verskyn soos by gewone flapjacks/ plaatkoekies en draai om.
  • Bedien met kaneelsuiker, stroop, heuning, roomys of room.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page