OUTYDSE APPELTERT
- 50 ml botter
- 250 ml suiker
- 60 ml melk
- 3 ekstra-groot eiers
- 10 ml vanilla geursel
- 250 ml koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- knippie sout
- 1 tot 2 blikke (385 g elk) tertappels
- suiker en kaneel gemeng om bo-oor te strooi
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Bespuit ‘n tertbord van 24 cm met kleefwerende kossproei.
Klits die botter en suiker totdat dit lig en romerig is.
Meng die melk, eiers en vanilla geursel en voeg dit by die bottermengsel. Meng dit goed deur.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en meng dit by die bottermengsel in.
Giet die mengsel in die tertbord en maak die mengsel gelyk bo-op.
Rangskik die tertappels bo-op en strooi kaneelsuiker bo-oor.
Bak 40 – 45 minute lank of tot gaar.
Die tert is gaar wanneer ‘n toetspen skoon uit die middel van die tert kom.
Dien op saam met room.
Resep en foto: Amanda Austen












