Your Recipe Blog

HOENDER IN APPELSOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 60 minute

HOENDER IN APPELSOUS

  • 1 kg hoenderporsies
  • gegeurde koekmeel (koekmeel gemeng met kruie en speserye na smaak)
  • 30 ml mosterd
  • 2 groen kookappels, geskil, ontkern en in skywe gesny
  • 250 ml appelsap
  • knippie fyn kaneel
  • 100 ml room
  • 15 ml mielieblom met klein bietjie water aangemaak
  • 30 ml brandewyn
  • 5 ml Aromat
  • 5 ml “Green Onion spice”

Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Rol die hoender in gegeurde koekmeel en rangskik in die oondbak.
Smeer die mosterd oor die hoender en pak die appelskywe tussen-in.
Giet die appelsap oor en besprinkel met kaneel.
Maak bak toe met foelie en bak 40 minute lank, en verwyder uit die oond.
Giet die sappe in ‘n maatbeker en skep die appelskywe uit.
Puree die sap en skywe saam met die room, brandewyn, mielieblom, Aromat en Green Onion Spice.
Giet die verpulpte sous oor die hoender en bak onbedek verder vir 20 – 25 min tot die sous verdik het.
Dien warm op saam met groente en rys.

Resep en foto:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page