Your Recipe Blog

KETO BLATJANG EN MAYONNAISE VARKTJOPS/HOENDER

Recipe by
Cook: 1 uur | Servings: 3 - 4

KETO BLATJANG EN MAYONNAISE VARKTJOPS/HOENDER

As jy van Suid-Afrika kom, dan weet jy dat blatjang mayonnaise hoender een van die beste geregte ooit is. So ek het dit verander in ‘n keto/lae koolhidrate resep (ek was net so lus!) en vanaand uitprobeer met varktjops. En dit is baie baie baie lekker.

  • 3 – 4 varktjops of 6 hoender porsies
  • Sous:
  • 125 ml mayonnaise
  • 125 ml laag koolhidraat blatjang (ek het Carbsmart gebruik)
  • 50 ml water
  • 3 teelepels uiepoeier
  • ½ teelepel sout

Plaas die varktjops of hoender in ‘n gesmeerde oondbak.
Meng al die sousbestanddele en giet oor die vleis.
Bak sonder ‘n deksel vir 1 uur op 190ºC.
Bedien met blomkoolrys (saam met die sous).

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page