Your Recipe Blog

HEERLIKE VRUGTEKELKIETERT MET VARIASIE

Recipe by
Cook: 35 minute

HEERLIKE VRUGTEKELKIETERT MET VARIASIE

Resep geplaas deur Amanda Austen
Foto: Amanda Austen
Variasie: Daleen Jansen

  • 250 ml witsuiker
  • 45 ml botter/margarien
  • 3 ekstra groot eiers
  • 250 ml bruismeel
  • 2 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 60 ml melk
  • 1 groot blik vrugtekelkie (fruit cocktail), gedreineer
  • Karamelsous:
  • 1 blik ingedampte melk (Ideal Melk)
  • 250 ml suiker
  • 5 ml karamel geursel
  • Voorverhit oond tot 180ºC en bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
  • Klits die suiker en botter saam.
  • Voeg die eiers een vir een by en klits goed.
  • Sif die droë bestanddele en meng om die beurt met melk by die bottermengsel in.
  • Voeg die vrugtekelkie by en meng goed.
  • Skep in die voorbereide bak en bak ongeveer 35 minute tot gaar.
  • Maak intussen die karamelsous:
  • Meng al die bestanddele in ‘n medium grootte kastrol en laat kook.
  • Giet die warm sous oor die warm tert sodra uit die oond kom.
  • Dien louwarm op met room indien verkies.
  • Variasie:  Sous vir vrugtekelkie poeding
  • 1 koppie suiker
  • 2 koppies room of 1 blik idealmelk verdun met 2 koppies water
  • ½ koppie klapper
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • ¼ koppie sjerrie of brandewyn soos verkies(opsioneel)
  • Plaas die bestanddele in ‘n potjie en verhit tot die suiker opgelos is, kook net vinnig deur en skep die warm sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page