Your Recipe Blog

PETRE SE GESONDHEIDSBESKUIT

Recipe by
Cook: 45 min

PETRE SE GESONDHEIDSBESKUIT

Resep en 2de foto: Petré van Jaarsveld
Foto: Jenny van der Westhuizen

  • 500 g margarien
  • 2 koppies melk/karringmelk
  • 1 koppie klapper
  • 2 ½ koppies bruinsuiker
  • 1 kg bruismeel
  • 1 koppie semels
  • 1 koppie sonneblompitte
  • 20 ml bakpoeier
  • 5 ml sout, afgeskraap
  • Verhit die margarien, karringmelk, klapper en bruinsuiker saam tot gesmelt.
  • Meng die res van die droë bestanddele goed saam en voeg die margarienmengsel by. Meng goed.
  • Druk uit in beskuitpan en bak teen 160°C vir 45 minute.
  • Mikrogolf opsie:
  • Kan ook in die mikrogolfoond gemaak word.
  • Spuit 3 x 2 liter roomysbakke, deel deeg in 3, druk vas in roomysbakke.
  • Mikrogolf op hoog vir 10 minute, keer dadelik uit en sny in vingers. Laat afkoel, droog uit in oond.
  • Nota: Mens kan ook die melk vervang met vars lemoensap en van die lemoenskil in rasper.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page