HOENDERLEWERS MET GEROOKTE OESTERS
- 250 g hoenderlewers, vliesies en membrane verwyder
- 1 blik gerookte mossels of oesters
- 1 ui, fyn gekap
- 15 ml botter
- olie van gerookte mossels / oesters
- 5 ml rissies, opgesny
- 1 sakkie tamatiepasta
- 5 ml knoffel, fyn gekap
- olie van gerookte mossels / oesters
- 25 ml brandewyn
- 50 ml witwyn
- sout en gemaalde peper na smaak
- 5 ml paprika
- 2.5 ml rooipeper
- 25 ml peri-peri sous
- 250 ml vars room
- gekapte pietersielie
Braai die uie in die botter en die olie van die gerookte mossels / oesters tot glansend.
Voeg die brandrissies, tamatiepasta en knoffel by en roer deur.
Voeg die hoenderlewers by gevolg deur die brandewyn en roerbraai totdat die lewertjies nie meer pienk is nie.
Voeg die witwyn by en roer versigtig deur.
Geur met die sout, gemaalde peper, paprika, rooipeper en peri-peri sous en voeg die room by.
Roer op medium hitte tot sous verdik.
Voeg die gerookte mossels / oesters by en meng met die lewers en sous, prut op lae hitte vir ‘n paar minute.
Bedien met roosterbrood of op pasta, rys of kapokaartappels.
Resep en foto: Johan Rossouw












