BOELIEBIEF GEREG MET VARIASIE
Resep en foto: Annelie Kruger
Ek slaan ook maar my eie disse aanmekaar na gelang wat in die kas is.
- 1 blikkie boeliebeef
- 1 ui, gekerf
- 1 tamatie, in blokkies gekap
- 1 blikkie gebakte boontjies, opsioneel (baked beans)
- bietjie olie
- sout en peper
Braai uie in olie tot glaserig/bruin.
Sny boeliebief in blokkies en voeg by die uie.
Voeg tamaties by en sout en peper na smaak by.
Braai saam tot goed gemeng.
Bedien met cous-cous, kapokaartappel, rys of brood.
Variasies:
Rina Coetzee:
Om dit te rek, sit ek aartappelblokkies ook by, laat lekker gaar raak saam met uie en dan die boeliebeef by. Bietjie suurlemoensap en baie swartpeper ook nog by. Op rys, op brood, jaffels, sommer lekker vinnige kos.
Celia Coetzee:
Ek maak ook so ‘n gereg, braai nog rooi- en geel soetrissies saam met dieuie, voeg ook bietjie perskeblatjang by, eet sommer die wat oorbly die volgende oggend op roosterbrood vir ontbyt, ons is net 2.
Marcelle Hanekom:
Ek voeg “boerie relish” met blatjang vir ‘n bietjie soeter smaak. Heeeerlik
Mini Harding:
Ek sit aartappel blokkies ook by, heerlik op roosterbrood.












